Mansliggame uit rivier by wildreservaat gehaal

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Die liggame van drie Zimbabwiese mans, wat deur hulle families as vermis aangemeld is, is Vrydag deur polisieduikers by ‘n wildreservaat in Elukwatini uit die Nkomazirivier gehaal.

Brig. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens die klaers is die mans na die wildreservaat toe, maar het nooit teruggekeer nie. Polisiebeamptes is saam met die klaers na die reservaat. waar hulle ingelig is oor individue wat glo gereeld onwettig toegang tot die perseel verkry. Inligting het verder aangedui dat daar sowat ’n week gelede mense in die reservaat gesien is wat gevlug het toe hulle die owerhede opmerk.

Met die soektog het polisiebeamptes drie liggame in die rivier sien dryf. Lede van die duikeenheid, gemoeid met soek-en-redding, is ontbied en die liggame is uit die water gehaal. ’n Lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van dood vas te stel. Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die drie mans oorspronklik van Zimbabwe afkomstig is. Hulle identiteit sal bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes in kennis gestel is.

Die liggame het geen sigbare beserings gehad nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief