Mantashe neem waar as minister van polisie

Lees ook :

Foto: Presidensie

GAUTENG. – President Cyril Ramaphosa het Gwede Mantashe, die minister van minerale en petroleumhulpbronne, met onmiddellike ingang as die waarnemende minister van polisie aangestel.

Vincent Magwenya, presidensiële woordvoerder, sê Mantashe sal in dié hoedanigheid dien totdat prof. Firoz Cachalia, wat aan die einde van hierdie maand uit sy pos aan die Universiteit van die Witwatersrand tree, sy nuwe amp in Augustus opneem.

Minister Mantashe behou terselfdertyd sy verantwoordelikhede as minister van minerale en petroleumhulpbronne.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief