KWAZULU-NATAL. – ’n Vrou is Woensdag ernstig beseer nadat sy by ’n plaaslike vullisstortingsterrein, Oatsland, deur swaar masjinerie getref en daar oor haar gery is.
Volgens Med-Evac Ambulance Service het paramedici die moeilike terrein betree, waar verskeie noodreaksiedienste saamgewerk het om die pasiënt te stabiliseer. Sy het veelvuldige ernstige beserings opgedoen, insluitend frakture aan haar boonste en onderste ledemate.
Gevorderde lewensondersteuning is op die toneel toegepas voordat sy na ’n geskikte mediese fasiliteit ir dringende behandeling vervoer is.
Med-Evac het alle betrokke dienste bedank vir hul bystand onder uitdagende omstandighede.





