Lees ook: Taliban verbied vensters om te keer dat vrouens gesien word
MONTENEGRO. – Tien mense, insluitend twee kinders, is gister hier in ’n massaskietery doodgeskiet. ’n Man het glo op mense in ’n restaurant begin skiet na hy na bewering in ‘n argument met ‘n ander gas betrokke geraak het.
Die man het glo sy eie familielede, die restauranteienaar se kinders, sowel as die restauranteienaar doodgeskiet. Hy het gevlug en toe homself geskiet toe die polisie hom kry.
Vier mense is in die hospitaal opgeneem met beserings.
Dit is onbekend waaroor die beweerde argument was. Drie dae van rou is na die skietery ingestel.
Bronne: BBC, The Express Tribune, Arise News
Lees ook: Taliban verbied vensters om te keer dat vrouens gesien word