Taliban verbied vensters om te keer dat vrouens gesien word

Lees ook :

Taliban verban vensters om te keer dat vrouens gesien word fotokrediet: Canva

Lees ook: Taliban se nuwe wette verbied vrouens om in openbaar te praat

AFGHANISTAN. – Die Taliban het vensters in residensiële geboue verbied om te keer dat vrouens in hulle huise gesien word. Vensters wat reeds in geboue ingesit is, moet toegemaak word.

Nuwe geboue mag nie vensters hê op plekke waar ’n vrou binne gesien kan word nie.

Die Taliban-regeringswoordvoerder, Zabihullah Mujahid, het gesê “Om vrouens te sien werk in kombuise, in erwe of waar hulle water kry by putte, kan lei tot onwelvoeglike dade”.

Vrouens kan reeds nie in die openbaar bid of praat nie en kan nie verskyn sonder ’n manlike metgesel van haar familie nie. Hulle mag nie werk nie, mag nie opleiding ontvang nie en is verbied van verskeie openbare ruimtes.

Die Taliban het ook gesê dit is van plan om alle nasionale en buitelandse nie-regeringsgroepe wat vrouens in Afghanistan aanstel, te sluit.

Bronne: The Independent, Daily Mail, The Sun

Lees ook: Taliban se nuwe wette verbied vrouens om in openbaar te praat

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief