Matriekleerling se afsterwe betreur

Lees ook :

Foto: Hoërskool Nelspruit

MPUMALANGA. – Nikita Olivier (17), ‘n gr. 12-leerling van Hoërskool Nelspruit is Saterdag oorlede.

Zalika Olivier het ‘n roerende afskeidsboodskap op sosiale media aan haar vriendin van vyf jaar gedeel: “Rus in Vrede Nikita Olivier. 5 jaar se vriendskap, 5 jaar van verjaarsdae saam hê en selfde van hê. My tweeling, ek gaan jou mis❤️

Op ‘n vraag in die kommentaar op die boodskap oor waaraan Niktia oorlede is, het Zalika gesê: “Sy het longontsteking gekry en haar bloedsuiker was te hoog. Toe kom haal die ambulans haar by die huis. Haar hart het by die hospitaal gaan staan, maar die dokters het haar gered en toe was sy breindood en toe het haar hart weer gaan staan ​​en toe is sy oorlede.”

Hoërskool Nelspruit het Nikita se afsterwe op sosiale media bekend gemaak: “Dit is met leedwese dat ons verneem van een van ons graad 12-leerders, Nikita Olivier, wat die naweek oorlede is. Nikita was ‘n stil, innemende dogter wat trots haar Nellie-waardes uitgeleef het. Hierdie pragtige dogter se sagte menswees het haar baie diep in die harte van haar maats en onderwysers laat inkruip. Nikita, jou unieke kreatiwiteit het almal sprakeloos gelaat. Jou hardwerkendheid en die sagte manier waarop jy ‘n verskil in ander se lewens gemaak het, sal gemis word. Ons is dankbaar vir die besondere spore – amper soos die luiperds wat jy graag geteken het – wat jy agterlaat. Nikita, jou skielike heengaan laat ‘n groot leemte in almal se lewens. Dankie vir mooi herinneringe wat nooit sal sterf nie waarin ons wat rou, troos kan vind. Rus sag in die veilige arms van ons Vader, Nikita. PALMAM QUI MERUIT FERAT”

Nikita word deur haar ouers, Nitrisha en Werner, asook jonger suster, Tatiana, oorleef.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief