Lees ook: Luxolo Adams dreig met regstappe teen Athletics SA oor weglating uit Spele-span
Die minister van sport, Gayton McKenzie, het gevra vir duidelik na die atleet Luxolo Adams in die Suid-Afrikaanse Olimpiese span vervang is.
Adams het die naweek gedreig met regstappe teen Atletiek SA na hy uit die span verwyder is om plek te maak vir Wayde van Niekerk.
Mckenzie het op X ’n plasing gemaak om te sê hulle het die presidente van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie (Sascoc) en Atletiek SA gekontak om die saak op te los.
The Citizen het berig Adams is vroeër die jaar beseer en kon nie bewys hy is gereed vir die Olimpiese Spele nie. Atletiek SA het ook gesê Adams het geweet van die besluit en het ingestem om uit die span verwyder te word.
Adams het gesê hulle het hom in ’n WhatsApp-boodskap laat weet hy is uit die span.
We are attending to this matter, @SportArtsCultur have made contact with both Presidents of SASCOC & Athletic South Africa, we await their responses. pic.twitter.com/i6eoUlGd8q
— Gayton McKenzie (@GaytonMcK) July 14, 2024
Bronne: IOL, Instagram, The Citizen, X
Lees ook: Luxolo Adams dreig met regstappe teen Athletics SA oor weglating uit Spele-span