Maria McCloy (50) se familie het Woensdag, 13 Mei 2026, haar afsterwe in ‘n media-verklaring bekend gemaak. Sy was ‘n DJ en mode-ontwerper, bekend as ’n reus in die media-industrie en was gelief onder haar familie, vriende, kollegas en die breër gemeenskap. Sy is Dinsdagaand, 12 Mei, in die Milpark Hospitaal in Johannesburg aan hartversaking oorlede.
Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het sy medelye in ’n verklaring uitgespreek. “Dit is met diepe hartseer dat ek verneem het van die afsterwe van Maria McCloy.” Hy het bygevoeg dat sy ’n strateeg, ’n storieverteller en ’n verbinder van mense was wat mekaar andersins moontlik nooit sou vind nie.
McCloy word beskryf as vriendelike, warm mens met ‘n vrygewige hart en ‘n onwrikbare liefde vir mense. Volgens haar familie het haar teenwoordigheid troos, lag en liefde gebring aan almal wat haar geken het.
Sy laat haar moeder en twee geliefde susters, Thandiwe en Natasha, agter.
Haar gedenkdiens vind op Donderdag, 20 Mei 2026, van 11:00 tot 14:00 by die Joburg Theatre in Johannesburg plaasvind.
Bron: Departement van Sport, Kuns en Kultuur