ASIЁ. – Meer as 1 100 mense is in Asië dood ná verskeie storms en oorstromings en grondstortings, deur twee siklone veroorsaak.
Lees ook: Dodetal in Indonesië styg steeds ná stormweer
‘n Sikloon het swaar reën in dele van Indonesië, Thailand en Maleisië veroorsaak. Sri Lanka is deur nog ‘n storm getref, wat nou op pad na Indië is.
Tot dusver het 604 mense in Indonesië omgekom, 355 in Sri Lanka, 176 in Thailand en twee in Maleisië. Die dodetal kan nog styg.
Altesaam 460 mense is steeds in Indonesië vermis nadat sikloon Senyar die land, Thailand en Maleisië getref het.
Sri Lanka is Vrydag deur sikloon Ditwah getref; 366 mense word daar vermis. Sikloon Ditwah is op pad na Indië, terwyl nog reën voorspel word.
Bron: Accuweather





