Meer as 100 aasvoëls vergiftig in Kruger Nasionale Park

Lees ook :

Meer as 100 aasvoëls vergiftig in Kruger Nasionale Park fotokrediet: SANParks

Altesaam 123 aasvoëls is op 6 Mei dood gekry in een van die grootste gevalle van vergiftiging nog in Suidelike Afrika. 84 aasvoëls is aanvanklik gered, maar een het intussen gesterf.

Lees ook: Koue en nat weer vir die naweek voorspel

Endangered Wildlife Trust (EWT) se vergiftiging-toesig-en-opsporingstelsel het ’n alarm laat afgaan oor verdagte bedrywigheid in die Mahlangeni-deel van die Kruger Nasionale Park. ’n Span van SANParks en EWT het by die diere uitgekom en gevind ’n olifantkarkas met gif, wat deur stropers gebruik word om liggaamsdele onwettig te oes, het die aasvoëls se dood gekos.

Twee aasvoëls is aanvanklik lewendig 500 meter van die karkas af gekry. Hulle is onmiddellik behandel en nog hulp is ontbied – veeartse, verskeie hulporganisasies – selfs die Hope for Wildlife-helikopter is ingespan. Meer as 20 individue het ‘n rol in die redding gespeel, die grootste gekoördineerde reddingsoperasie in Suidelike Afrika tot dusver.

Altesaam 84 aasvoëls is gered, maar een het intussen gesterf.

Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.

Bronne: SANParks

Lees ook: Koue en nat weer vir die naweek voorspel

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief