Sowat 131 leerlinge van die Gobizizwe-landbouskool in Mthatha in die Oos-Kaap is Woensdag en Donderdag hospitaal toe geneem vir behandeling nadat hulle moontlik voedselvergiftiging by die skool opgedoen het.
Lees ook: Brandstofprys daal moontlik in September
Volgens die woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, Siyanda Manana, het paramedici die leerlinge by die skool begin behandel, waarna hulle na die Nelson Mandela- akademiese hospitaal, Mthatha-streekshospitaal en Ngangelizwe-gemeenskapsgesondheidsentrum geneem is.
Hy het gesê daar was ambulanse en helikopters om die leerlinge by te staan. Volgens IOL het sommige leerlinge ’n binne-aarse drup ontvang.
Die is onbekend wat die voedselvergiftiging kon veroorsaak het, maar Manana het gesê die oorsaak is moontlik geblikte vis en rys wat aan die kinders vir middagete voorsien is.
Bronne: The Citizen, IOL, Jacaranda FM
Lees ook: Brandstofprys daal moontlik in September