Lees ook: Minstens 78 persone oorlede en 100 vermis na vloede Brasilië tref
BRASILIЁ. – Meer as 100 mense is oorlede in die vloede wat Brasilië getref het na ‘n rekord reënval.
Meer as 100 mense is vermis, maar die soektogte na oorlewendes moes opgeskort word na nog reën geval het. Honderde mense is beseer en 160 000 moes hulle huise verlaat.
Baie inwoners het nie drinkwater of elektrisiteit nie en die telefoon en internetdiens in verskeie gebiede is ook af.
Daar is 15 000 soldate, polisiebeamptes en vrywilligers wat op soek is na slagoffers van die vloede.
Die vloede is moontlik deur klimaatsverandering veroorsaak.
Bronne: Inquirer, Wion News, Al Jazeera, Jacaranda FM
Lees ook: Minstens 78 persone oorlede en 100 vermis na vloede Brasilië tref