Meer as 160 motorongelukke en 74 voorvalle met voetgangers in Kaapstad aangemeld

Lees ook :

Foto: City of Cape Town

WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdiens het tussen Vrydag 27 Junie en Sondag 6 Julie 162 motorvoertuigongelukke en 74 voorvalle waarin voetgangers betrokke was, hanteer.

JP Smith, DA-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits dit is selfs meer kommerwekkend dat die statistiek nie volledig is nie, omdat voorvalle nie altyd by ’n sentrale punt aangemeld word nie. Selfs in gevalle waar daar geen beserings was nie, word ‘n voorval soms direk by die naaste polisiekantoor aangemeld. “Ons waarsku padgebruikers voortdurend om hul gedrag by die spesifieke ry-omstandighede aan te pas. Motorongelukke veroorsaak nie net verkeersvertragings nie, maar bring ook emosionele en finansiële spanning, selfs al is dit net gering.”

Met die Stad se algemene wetstoepassingsaksies vir die afgelope week is minstens 183 inhegtenisnemings gemaak en 26 206 verkeersoortredings en oortredings van stadsverordeninge aangeteken. Wetstoepassingsbeamptes het 91 inhegtenemings gemaak en 3 276 kennisgewings vir verskeie oortredings uitgereik.

Donderdag het LEAP-beamptes ’n vuurwapen in Tafelsig teruggevind. Die volgende aand is ’n vuurwapen in Beacon Valley gekry en Sondag is nog twee vuurwapens in Crossroads teruggevind. Verkeersbeamptes het 21 188 oortredings aangeteken, 229 openbare vervoer-voertuie in beslag geneem en 1 319 lasbriewe uitgevoer. Hulle het 22 verdagtes aangekeer – 12 vir bestuur onder die invloed van alkohol, een vir roekelose en nalatige bestuur en nege op verskeie ander aanklagte.

Metropolisiebeamptes het 70 verdagtes in hegtenis geneem en 1 742 kennisgewings vir verkeers- en stadsverordeningsoortredings uitgereik. Beamptes het dwelms, ’n gesteelde voertuig en drie nabootsingsvuurwapens gekry.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief