PAKISTAN. – Meer as 20 mense is in Pakistan oorlede nadat die jongste vlaag moesonreën gister die land getref het.
Lees ook: Soektog na vermistes ná vloede in Pakistan duur voort
Altesaam 11 mense is in Gilgit-Baltistan oorlede en nog 10 is in Karachi dood. Volgens die nasionale rampbestuurowerheid het oorstromings huise meegesleur, terwyl van die oorledenes doodgeskok is.
Die dodetal in Pakistan het tot meer as 400 gestyg sedert swaar reën die land vanaf Donderdag in ‘n greep het. Sowat 150 mense is steeds vermis en word nog gesoek.
Owerhede het gewaarsku die seisoenale swaar somerreën sal tot middel September aanhou.
Bronne: IOL, The New Indian Express, Malay Mail
Lees ook: Soektog na vermistes ná vloede in Pakistan duur voort





