GAUTENG. – Altesaam 304 titelaktes vir regeringshuise is vandag (Donderdag) aan eienaars wat daarvoor kwalifiseer in Tembisa, in Ekurhuleni, uitbreiding 23 en 24, oorhandig.
Gift Langa, die woordvoerder van Tasneem Motara, die LUR vir menslike nedersettings, sê die huise is ten volle gesubsidieer. Motara sal tydens die oorhandiging deur Nkosindiphile Xhakaza, die burgemeester van Ekurhuleni en Kopelo Hollo, ‘n lid van die burgemeesterskomitee vir menslike nedersetting in die gebied, vergesel wees.
“Die uitreiking van titelaktes aan begunstigdes wat die meeste skuiling benodig, is die regering se verbintenis om beide die waardigheid van die mense te herstel deur verblyfsekerheid te verskaf en om dienslewering aan die mense van Gauteng te versnel.”





