Meer as 4 000 SIM-kaarte by verdagtes aangetref

Lees ook :

Foto: JMPD

GAUTENG. – Beamptes van die Johannesburg-metropolisie (JMPD) se taktiese reaksie-eenheid het tydens roetinepatrollie meer as 4 000 vermoedelik gesteelde SIM-kaarte teruggevind en vier verdagtes in hegtenis geneem.

JMPD sê in ‘n sosialemediaplasing die voorval het Dinsdag omstreeks 20:00 op die M1 Suid naby die Xavierstraat-afrit plaasgevind. JMPD-beamptes het ’n wit BMW 1-reeks sonder nommerplate opgemerk. Die voertuig is gestop en deursoek. ‘n Plastieksak met meer as 4 000 MTN-SIM-kaarte is in die sak gekry, saam met ’n toestel wat vermoedelik ’n seinblokkeerder of ’n SIM-registrasietoestel was. Daar is ook bevind dat die voertuig ’n vals tydelike permit gebruik het.

Die vier verdagtes is in hegtenis geneem en ’n saak is by die polisie geopen. Alle items is as bewyse aan die Booysens-polisie oorhandig. Die voertuig is vir verdere ondersoek by die Lenasia-polisie se voertuigskut ingeboek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief