Meer as 60 mense steeds vermis ná oorstromings in Indië

Lees ook :

Meer as 60 mense steeds vermis ná oorstromings in Indië fotokrediet: X

UTTARAKHAND, INDIЁ. – Sowat 66 mense is steeds vermis ’n week ná oorstromings Dharali in Uttarakhand getref het.

Lees ook: Meer as 100 mense vermis ná oorstromings in Indië

’n Grondstorting, veroorsaak deur swaar reën en oorstromings, het byna die helfte van die Dharali Village op 5 Augustus begrawe. Vier mense is in die oorstromings oorlede.

Reddingswerk is steeds aan die gang met werkers wat op soek is na die vermiste mense. Slegte weer en die onbegaanbaarheid van paaie naby Dharali bemoeilik reddingswerk. Reddingswerkers maak gebruik van helikopters en ’n tydelike brug om Dharali te bereik.

Owerhede het gesê sowat 1 300 mense is sover gered. Waarskuwings vir swaar reën en donderstorms tot 14 Augustus is vir Uttarakhand uitgereik.

Bronne: BBC, ABPLive, FirstPost

Lees ook: Meer as 100 mense vermis ná oorstromings in Indië

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief