FILIPPYNE. – Agt mense is oorlede nadat tifoon Fung Wong in die Filippyne verwoesting gesaai het en meer as ‘n miljoen inwoners hulle woonplekke moes ontruim.
Lees ook: Tifoon Fung Wong beweeg weg van Filippyne ná 2 oorlede is
Een persoon het in die flitsvloede verdrink, een is oorlede nadat haar huis ineengestort het en drie kinders is in twee aparte grondverskuiwings in Nueva Vizcaya oorlede. ‘n Bejaarde het in ‘n grondverskuiwing in Barlig omgekom en nog twee mense is in ‘n grondverskuiwing in Kalinga.
Die dodetal kan moontlik nog styg.
Meer as 1.4 miljoen mense is ontruim voordat die supertifoon, wat intussen verswak het, deur die Filippyne beweeg het slegs dae nadat tifoon Kalmaegi 193 mense se lewens geëis het.
Tifoon Fung Wong is nou op pad na Taiwan waar meer as 3 000 mense reeds ontruim is.
Bronne: BBC, New York Post, ABC
Lees ook: Tifoon Fung Wong beweeg weg van Filippyne ná 2 oorlede is




