Tifoon Fung Wong beweeg weg van Filippyne ná 2 oorlede is

Lees ook :

Tifoon Fung Wong beweeg weg van Filippyne ná 2 oorlede is fotokrediet: X

FILIPPYNE. – Die verswakte tifoon Fung Wong het die Filippyne verlaat en beweeg nou oor die Suid-Chinese see op pad na Taiwan.

Lees ook: Supertifoon tref Filippyne

Twee mense is as gevolg van tifoon Fung Wong in die Filippyne oorlede en 1.4 miljoen mense is uit hul huise ontruim. Een persoon het in Catanduanes in flitsvloede verdrink en een persoon is dood nadat haar huis in Samar op haar ineengestort het.

Tifoon Fung Wong het slegs dae ná tifoon Kalmaegi getref, wat tot die dood van 193 persone gelei het.

Filippynse owerhede het gesê daar is minder skade as wat verwag is nadat Fung Wong ‘n supertifoon verklaar is, maar verskeie gemeenskappe is deur oorstromings afgesny van kontak met die buitewêreld.

Bronne: BBC, Sky News, Gulf News

Lees ook: Supertifoon tref Filippyne

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief