Meer as R80 m. se dwelms in Durban-hawe gekonfiskeer

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Die polisie in die provinsie het vandag (Maandag) ‘n geseëlde vraghouer vanaf Brasilië in Durban-hawe met meer as R80 m. se kokaïen ontdek.

Kol. Robert Netshiunda sê inligting van ‘n vrag kokaïen op ‘n vaartuig vanaf Brasilië, vermom as “nierbone,” is aan die begin van November ontvang. Die vaartuig het SA deur ‘n ander land binnegevaar en is tot Saterdag gemonitor toe dit in die hawe aangekom het. Die geïdentifiseerde vraghouer is na ‘n pakhuis op die Suidkuspad in die Bluff geneem, sodat dit behoorlik deursoek kon word.

Netshiunda bevestig agt sakke fyngemaakte suiwer kokaïen, wat vir Johannesburg bedoel is, is gevind. Ondersoek word gedoen om die skuldiges agter die besending dwelms op te spoor.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief