Meer polisielede in brandpunte ontplooi

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Die polisie in die Wes-Kaap het na onlangse skietvoorvalle teen Sondagmiddag meer polisielede van verskeie eenhede in brandpunte op die Kaapse Vlakte ontplooi.

Lt.kol. Malcolm Pojie sê meer deursoeking en beslagleggings, stop-en-deursoeking, padblokkades, klopjagte en opsporingsoperasies is uitgevoer.

Hierdie ontplooiings en operasies kom na ‘n toename in sake van moord en poging tot moord wat tydens skietvoorvalle in Mitchell’s Plein, Bishop Lavis, Philippi, Ravensmead en Elsiesrivier aangemeld is. Pojie sê die polisie en ander wetstoepassers soos die metropolisie, LEAP-beamptes en gemeenskapsvrywilligers is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag om kalmte in die brandpunt-areas te herstel. Onwettige vuurwapens en ammunisie is gekonfiskeer en verdagtes in hegtenis geneem tydens operasies.

Die teen-bende-eenheid het 47 meer lede bygekry en nog 100 addisionele lede van Operation Lockdown II van ander provinsies verleen ondersteuning.

“In a coordinated manner, armed with intelligence, they execute operational actions where it is most required.”

‘n Verdagte (50) is Sondagaand in Elsiesrivier met 9 mm-ammunisie en meer as 400 Mandrax-tablette in hegtenis geneem. Tydens die operasie is polisielede aangeval en Opod ondersoek ‘n voorval waartydens daar glo op gemeenskapslede geskiet is.

Maandagoggend omstreeks 08:45 het Lentegeur-speurders ‘n groep, vermoedelik ‘n bende, deursoek en ‘n ongelisensieerde vuurwapen, 9 mm-ammunisie, Mandrax-tablette en kontant is glo by ‘n verdagte gekry wat in hegtenis geneem is. Hy sal op 20 Maart in die Mitchells Plein-landdroshof, verskyn.

“A humble plea is made to affected communities to report crime occurring in their communities.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief