‘Mees gesoekte veedief’ doodgeskiet

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – ‘n “Mees gesoekte veedief” is Woensdagaand deur ‘n polisielid doodgeskiet toe hy nog ‘n polisielid se wapen afgeneem het. Nog ‘n verdagte is in hegtenis geneem.

Sers. Mahlomola Kareli sê lede van openbare-orde-polisiëring, OOP-peloton vyf, seksie twee, het inligting van ongelisensieerde vuurwapens in Phuthaditjhaba opgevolg, wat hulle na ‘n huis in Kudumane gelei het.

Met aankoms by die huis het twee verdagtes wat na bewering vir veediefstal gesoek word, weggehardloop. Twee lede het hulle agternagesit en deur ‘n rivier teen ‘n berg op gejaag. Dit is tydens die jaagtog wat een van die verdagtes aangekeer is en glo een van die polisielede se wapen afgeneem en hom teen die berg afgedwing het. Die ander polisielid het twee skote geskiet en die verdagte noodlottig gewond.

Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring die oorledene het twee moordsake in Phuthaditjhaba en ‘n saak van ‘n ongelisensieerde vuurwapen teen hom gehad.

By die verdagtes se huis het polisielede ‘n ongelisensieerde vuurwapen onder ‘n matras gevind en met verdere ondersoek is nog ‘n vuurwapen in ‘n kraal opgegrawe. ‘n Verdagte (54) is vir die besit van die ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in hegtenis geneem.

Beide vuurwapens word vir ballistiese toetse gestuur.

Die verdagte sal binnekort in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief