‘Mees gesoekte verdagte’ deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

LIMPOPO. – ‘n Verdagte (36) wat met meer as 17 beweerde misdade verbind word, is Dinsdagmiddag in ‘n skietery met die polisie dood waar hy glo in Ga Komape weggekruip het.

Kol. Malesela Ledwaba sê ‘n gesamentlike operasie deur die Mopani-distrikshoofwegpatrollie, Mopani se soek-en-opsporingspan, Seshego-polisie en ander eenhede het na die verdagte, wat in 2022 en 2025 betrokke was by ernstige en geweldsmisdade in Hlanganani, gelei. Met aankoms by die adres het die verdagte uit ‘n kamer gekom en op die polisie geskiet. Die polisie het teruggeskiet en die verdagte is noodlottig gewond.

‘n Geregtelike doodsondersoek is by Seshego-polisiestasie geopen. Die polisie het op ‘n vuurwapen en motor van die verdagte beslag gelê, terwyl die ondersoek voortduur.

“Die verdagte sal aan drie sake van moord, vier sake van poging tot moord, motorkaping, agt sakerowe en opsetlike saakbeskadiging verbind word. Opod is in kennis gestel, wat ook die toneel besoek het.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief