KWAZULU-NATAL. – ‘n Mees gesoekte verdagte is vanoggend vroeg deur polisielede van die Inanda-taakspan in Lusaka doodgeskiet.
Brig. Jay Naicker sê luidens ‘n persverklaring die taakspan is na ‘n perseel waar die gesoekte verdagte geskuil het. By is onder meer vir drie moorde en ‘n poging tot moord gesoek.
“Terwyl polisiebeamptes die perseel betree het, is hulle deur die gewapende verdagte gekonfronteer.”
Tydens ‘n skietery het die polisie die verdagte doodgeskiet. Geen van die polisiebeamptes is beseer nie. Naicker sê ‘n ongelisensieerde 9 mm-pistool is in die oorledene se besit gevind.
Opod is dadelik van die voorval ingelig en het die misdaadtoneel besoek.





