LIMPOPO. – ‘n Buitelander (34) wat volgens vermoede die meesterbrein agter OTM-bomaanvalle en rooftogte in Limpopo is, is Sondag in die Ladybrand-polisiëringsarea in die Vrystaat vasgetrek.
Brig. Hlulani Mashaba sê verskeie eenhede het die verdagte in ‘n gesamentlike operasie in hegtenis geneem.
Die beskuldigde het Dinsdag sy eerste hofverskyning in die Seshego-landdroshof gemaak en sal weer Donderdag saam met sy medebeskuldiges vir voorvehoorverrigtinge in die streekhof voorkom.
Mashaba sê die inhegtenisneming kom na ‘n vlaag OTM-bomaanvalle en rooftogte wat die sakegemeenskap vanaf Januarie 2022 en Mei 2023 geteister het.
“Twaalf verdagtes is voorheen in hegtenis geneem, maar die vermeende meesterbrein het arrestasie tot nou toe ontduik.”





