‘Meesterbrein’ van Stilfontein se onwettige myners verdwyn spoorloos

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDWES. – James Neo Tshoaeli, oftewel Tiger, die beweerde meesterbrein van die onwettige myners van skag 11 van die myn by Stilfontein, wat verlede week na bogronds teruggekeer het, word gesoek.

Brig. Athlenda Mathe sĆŖ maksimum hulpmiddele is deur die polisie geloods om die voortvlugtende verdagte, ‘n Lesotho-burger, wat as gevaarlik beskou word, op te spoor.

Mathe sĆŖ maj. genl. Patrick Asaneng, Noordwes se waarnemende provinsiale kommissaris, sĆŖ koppe sal rol as die beamptes wat die beweerde baasbrein tussen skag 11 en Stilfontein-polisie-aanhoudingselle help ontsnap het, gevind word. Die verdagte is ook nie by ‘n ander polisiestasie, waar van die onwettige myners aangehou word, ingeboek nie. Hy is ook nie vir mediese sorg opgeneem nie.

Volgens Mathe word daar in verskeie verklarings na Tshoaeli as die ringkop, wat ondergrondse operasies bedryf het, verwys.

“Hy word ook deur sommige onwettige mynwerkers na bewering verantwoordelik vir sommige sterftes, aanranding en marteling wat plaasgevind het, beskuldig, volgens video’s in polisiebesit. Daar word ook beweer dat hy kos opgegaar en weggehou het van ander onwettige mynwerkers. Asaneng het teleurstelling uitgespreek in wat hy as ‘n verleentheid beskou vir die Vala Umgodi-operasie wat vanaf Desember 2023 aan die gang is. Hy het belowe om te verseker dat diegene wat verantwoordelik is vir hierdie ontsnapping uit aanhouding voor die hof gebring word en dat “Tiger” gevind word.”

Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĆŖre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is diƩ van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief