Megan Nieman: steratleet met blink toekoms

Lees ook :

Megan Nieman Blink toekoms wink vir steratleet

Megan Nieman skitter in 2026

Megan Nieman van die Hoërskool Menlopark is ‘n steratleet met ‘n blink toekoms. Sy het haarself in 2026 gevestig as een van Suid-Afrika se opwindendste jong baanatlete. Hierdie steratleet se skittervertonings by die Curro Podium Grand Finale en die Helpmekaar Goue Liga wys haar spoed, tegniek en konsekwentheid.

Curro Podium Grand Finale 2026

By die Curro Podium Grand Finale op Pilditch, in Pretoria op 13 & 14 Februarie, was Megan een van die uitblinkers in die hekkies. In die 100 m-hekkies vir meisies o.17 het sy in 13,02 sekondes gewen. Hierdie tyd was ’n nuwe byeenkomsrekord, asook ’n nasionale en vasteland o.18-rekord. Sy het die maksimum 1 000 punte vir die wedloop verdien.

LEES OOK Curro Podium Grand Finale 2026

Helpmekaar Goue Liga 2026

’n Paar dae later, op 20 Februarie, het Nieman weer haar sterstatus gewys by die Helpmekaar Goue Liga in Johannesburg. Sy het in die meisies o.17-wedloop oor 100 m in ‘n ongelooflike 11.67 sekondes gewen. Dit besorg aan haar ‘n nuwe geleentheidsrekord.

Nog ‘n nuwe geleentheidsrekord spat met haar vertoning in die 100 m-hekkies vir o.17’s met ‘n tyd van 13.22 sekondes.

In die 200 m-wedloop vir o.17’s wen sy ook goud met 1 000 APE-punte in ‘n spogtyd van 23.51 sekondes.

Hierdie uitsonderlike prestasies wys haar uitstekende versnelling en topspoed. Dit bevestig dat sy nie net in hekkies uitblink nie, maar ook in die vlak naelloop.

Groot verwagtinge vir die piek van die seisoen

Megan se 13,02 s in die 100 m-hekkies en 11.67 s in die 100 m-vlak plaas haar onder die beste in haar ouderdomsgroep. Alle oë sal op haar gerig wees in die opkomende Gauteng-Noord- en Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Hierdie steratleet skitter en hou die naam van Hoërskool Menlo Park met trots hoog.

Foto deur Lulu’s Sport Pics.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief