Meisie (11) doodgekap, verdagte deur inwoners doodgemaak

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Nthabiseng Motsoaosile (11) is Saterdag omstreeks 16:00 in Meloding met ‘n byl teen die kop doodgekap. Haar beweerde moordenaar is deur lede van die gemeenskap doodgemaak.

Volgens kapt. Stephen Thakeng was die meisie se liggaam vol bloed en in ‘n kombers toegemaak toe Meloding-polisie opdaag . Sy is op die toneel dood verklaar.

Die verdagte is blykbaar tot waar hy glo weggekruip het deur inwoners gevolg en doodgemaak. Hy is ook op die toneel dood verklaar.

Thakeng sê Meloding-polisie ondersoek twee moordsake en waarsku inwoners om nie reg in eie hande te neem nie en eerder vermeende verdagtes aan die polisie te ooorhandig.

Die polisie is op soek na diegene wat die verdagte vermoor het. Enigiemand met inligting word versoek om na vore te kom.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief