Meisie (11) glo verkrag en toe vermoor, verdagte gesoek

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – ‘n Meisie (11) is glo Sondag, omstreeks 19:30, eers verkrag voordat sy op ‘n plaas in Hendrina vermoor is. Die polisie is op soek na ‘n verdagte wat van die toneel gevlug het.

Kol. Donald Mdhululi sê die polisie ondersoek ‘n moordsaak met ‘n addisionele klagte van verkragting.

Die meisie se ma het haar by die polisie as vermis aangemeld na sy sonder sukses na haar gesoek het. Sy het aan die polisie genoem haar suster se vriend mag dalk iets van die verdwyning weet, aangesien haar dogter laas saam met hom gesien is.

“Die polisie is blitsvinnig na die genoemde plaas om ondersoek in te stel en het met hul aankoms gehoor die man is reeds weg.”

Mdhluli sê die polisielede is die man se huis in, waar hulle bloedvlekke opgemerk het. Hulle het dadelik ‘n soektog geloods en die meisie se nakende liggaam met steekwonde ongeveer 100 meter van die huis gevind. Sy is op die toneel dood verklaar.

“Dit was in hierdie stadium wat die saak geopen is. Voorlopige ondersoek dui daarop dat die meisie deur die verdagte verkrag kon gewees het.”

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die motief vir die moord is onbekend.

“Die polisie is op soek na die oortreder wat na bewering ‘n man in Februarie vanjaar vermoor het. Hy is gearresteer, maar tydens hierdie jongste gru-voorval was hy uit op borg, nadat hy borgtog van R5 000 toegestaan ​​is.”

Die polisie is oortuig Vusi Nkambule (27) kan hulle met die ondersoek help. Hy word gevra om dringend met die polisie in verbinding te tree. Enigiemand wat weet waar hy is, of enigiets van die moord weet, word versoek om die polisie te kontak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief