Meisie (3) se liggaam ook in Pienaar opgegrawe

Lees ook :

Foto: Brig. Athlenda Mathe X-profiel

MPUMALANGA. – Peaceful Khoza (3) se liggaam is Donderdag deur die polisie in ‘n vlak graf in Pienaar opgegrawe.

Kol. Donald Mdhluli sê die familie van Khoza het haar uitgeken. Sy het verlede week vermis geraak. Mdhluli sê die verdagte het nie gesterf soos daar gespekuleer word nie. Dieselfde verdagte is in die saak van die meisie en Junior Mabandla verbind.

Sedert Maandag verlede week tot Donderdag is drie liggame in vlak grafte in Pienaar opgegrawe.

Dit volg kort nadat die liggaam van die vermiste Junior Mabandla (6) ook in ‘n vlak graf opgegrawe is. Die verdagte wat deur die gemeenskap aangekeer is, is Mbandla se liggaam gemaak uitgrawe. Die verdagte is kort daarna in ‘n hospitaal opgeneem waar hy onder polisiebewaking is.

Bonisiwe Mabuza (37), wat as vermis deur haar familie aangemeld is, se liggaam is ook in ‘n vlak graf in die gebied opgegrawe.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief