Meisie (4) sterf aan interne bloeding

Lees ook :

Foto: Kriske Fourie Facebook-blad

NOORDWES. – Inge Fourie (4) is Dinsdag as gevolg aan interne bloeding oorlede. Medelye met haar heengaan word op sosiale media uitgespreek, ook van skole in Rustenburg.

Rustenburg Gemeenskapskerk het in hulle plasing gesê Inge is aan interne bloeding oorlede.

Inge word deur haar ouers, Johan-Louis- en Kriske Fourie, asook boetie LJ oorleef. Besonderhede oor haar groetdiens is op die foto hier onder te sien. Na die diens sal by Inge se gunstelingspeelplek bymekaargekom word.

Die groetdiens sal Maandag 1 Julie om 10:30 vir 11:00 in die NG Kerk Bergsig (hoek van Brinkstraat en Betlehemrylaan) Rustenburg plaasvind. Die diens sal deur Econo Begrafnisdienste behartig word.

Rustenburg Gemeenskapskerk se plasing:

Môre liewe gemeente.

Laasnag was een van die donkerste nagte in ons gemeente se bestaan.

Een van ons sterretjie-kinders, Inge Fourie, is laasnag oorlede. Dit het gebeur weens interne bloeding. Sy is maar 4. Haar ouers is Louis en Kriske Fourie (Omgeegroep 15) wat saam met hul ouers Magdel en Kobus Swanepoel (Omgeegroep 9), die bekende Jessie’s besit. Hulle is getroue lidmate van ons Kerk wat hul kinders by die voete van Jesus grootmaak.

Ek vra u voorbidding en ondersteuning vir hierdie lieflike familie in hierdie hartseer omstandighede.🙏💒

Theo.

Laerskool Rustenburg het haar afsterwe op sosiale media soos volg bekendgemaak:

Met groot hartseer en ‘n diep gevoel van verlies, deel ons die nuus van die afsterwe van Inge Fourie.

Ons Larrie-gemeenskap rou saam met die geliefdes van Inge, wat ‘n blywende indruk gelaat het op almal wat haar geken het.

Inge was ‘n geliefde dogter van Pappa Louis en Mamma Kriske, en ‘n dierbare suster van Boetie LJ.

Haar warm hart, vriendelike gees, en helder glimlag sal altyd onthou word deur haar familie, vriende, en almal in die gemeenskap.

In hierdie moeilike tyd hou ons die Fourie-gesin in ons gebede en gedagtes. Mag hulle troos vind in die herinneringe en liefde wat hulle gedeel het met Inge. 

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief