Meisie (7) glo in skoolbadkamer verkrag

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Meisie (7), in gr. 2 van ‘n laerskool in die Shongoane-woonbuurt in Villa Nora-polisiëringsarea, is glo Vrydag in die skoolbadkamer deur ‘n medeleerder verkrag. Lephalale (Ellisras)-polisie ondersoek die saak.

Kol. Malesela Ledwaba sê die meisie is na bewering tussen 12:00 en 14:30 na die skoolbadkamer geneem en deur ‘n gr. 7-leerder verkrag.

Die meisie het tuis by haar ma gehuil en oor ‘n beenbesering gekla. Haar ma het ondersoek ingestel en haar dadelik na ‘n plaaslike kliniek geneem. Mediese personeel het verkragting bevestig.

Die minderjarige verdagte is bekend, maar nog nie in hegtenis geneem nie.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief