Meisie by Die Poort, Mosselbaai van verdrinking gered

Lees ook :

Foto: Kobus Heyneke Mosselbaai op sy BESTE Facebook-blad

TUINROETE. – ‘n Meisie is gistermiddag omstreeks 14:30 van verdrinking op Mosselbaai gered. Kobus Heyneke het foto’s van die voorval op die Mosselbaai op sy beste Facebook-blad gedeel.

Volgens die plasing het die voorval by Die Poort wat in die area van Die Punt by Mosselbaai geleë is, gebeur.

Mossel Bay Advertiser berig die meisie (15) wat ‘n persoon wat in nood was probeer help het, het self in die nood beland. Die meisie se sussie het dit raakgesien en beide is deur lewensredders aan diens gehelp. Suksesvolle KPR is toegepas en die meisie is daarna per ambulans na ‘n hospitaal vervoer.

Bron: Mosselbaai op sy beste Facebook-blad en Mossel Bay Advertiser

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief