Meisie dood wat glo eerste kêrel aanrand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Meisie (25) het Sondag in Brakspruit, buite Klerksdorp, gesterf nadat sy glo eerste haar kêrel aangerand en hy haar toe na bewering met die vuis getakel het. Sy het dood neergeslaan en die kêrel is op ‘n aanklag van moord in hegtenis geneem.

Lt.kol. Amanda Funani sê die paartjie was by vriende toe ‘n struweling uitgebreek en die meisie glo die kêrel aangerand het. Hy het na bewering met sy vuiste terugbaklei en haar geslaan totdat sy geval het. Die eienaar van die kamer het haar probeer wakker maak, maar sy het leweloos gelê. Nooddienste is na die toneel ontbied en die meisie is dood verklaar. Die kêrel is vir moord in hegtenis geneem.

Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief