Meisie dood wat glo eerste kêrel aanrand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Meisie (25) het Sondag in Brakspruit, buite Klerksdorp, gesterf nadat sy glo eerste haar kêrel aangerand en hy haar toe na bewering met die vuis getakel het. Sy het dood neergeslaan en die kêrel is op ‘n aanklag van moord in hegtenis geneem.

Lt.kol. Amanda Funani sê die paartjie was by vriende toe ‘n struweling uitgebreek en die meisie glo die kêrel aangerand het. Hy het na bewering met sy vuiste terugbaklei en haar geslaan totdat sy geval het. Die eienaar van die kamer het haar probeer wakker maak, maar sy het leweloos gelê. Nooddienste is na die toneel ontbied en die meisie is dood verklaar. Die kêrel is vir moord in hegtenis geneem.

Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief