Meisie kritiek deur telefoonpaal beseer

Lees ook :

Foto: BackaBuddy

OOS-KAAP. – Abigail de Lange (10) van Christmas Rock in Oos-Londen is kritiek beseer nadat ‘n paal Donderdag tydens ‘n fratsongeluk op die agterkant van haar kop geval het.

Volgens Nikita van Ghent het ‘n afleweringsvragmotor per ongeluk ‘n laaghangende elektriese kabel wat die paal vasgehou het in die ry saam getrek. Die paal het geval en Abigail getref. Die insident het ongeveer 15 m van haar ouerhuis af plaasgevind.

Die meisie, wat geen mediese fonds het nie, het brein- en skedelbeserings opgedoen en moet dringend ‘n operasie ondergaan.

Die gemeenskap het intussen bymekaargekom om vir haar te bid.

https://www.backabuddy.co.za/campaign/abby?fbclid=IwY2xjawEkAhhleHRuA2FlbQIxMAABHQWbmfdzShLdqpZBAXa0PUmR8IjIwCVWpzPhXVZE94qO6zl1s93Mtymsuw_aem_4uRP9zeipxcv0l5oBX5W5A

Bronne: BackaBuddy, Daily Dispatch en Advertising East London

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief