LIMPOPO. – Die liggaam van ‘n gr. 10-tienermeisie (16), in haar skooluniform geklee, is Saterdag omstreeks 13:00 in bosse ontdek.
Kol. Malesela Ledwaba sê die meisie is uitgeken as van ‘n plaaslike skool in Mohodi, in die Madikana-woonbuurt. Die oorledene het geen sigbare beserings gehad nie. ‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van dood vas te stel.
“Die oorledene is na bewering laas gesien in die geselskap van ‘n bekende man van onbekende ouderdom, ‘n inwoner van Koningkrans-woonbuurt.”
Ledwaba sê daar word na die verdagte gesoek. Enigiemand met inligting kan AO Khomotjo Morathi by 082 414 3088 bel.





