Meisie se moord ondersoek

Lees ook :

Foto: Women For Change

GAUTENG. – Unathi Mdutyana (14), ‘n gr. 9-leerder van die Gekombineerde Skool Diepsloot, is op 16 April dood, met ‘n steekwond, in ‘n oop veld deur haar ma gevind.

Kol. Noxolo Kweza, provinsiale woordvoerder, sê die polisie ondersoek die meisie se moord.

Unathi se ma kon haar nie kry toe sy van nagskof af kom nie. ‘n Soektog het haar na haar dogter se lewelose liggaam in ‘n oop veld naby ‘n slaghuis gelei. Unathi is ongeveer 150 meter van haar huis op die grond met ‘n steekwond in haar nek gevind.

Kweza sê die polisie volg verskeie leidrade op, maar nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.

Bronne: SAPD en Women For Change

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief