Meisies met TikTok-uitdaging by skool beseer

Lees ook :

Foto: Google Maps

KWAZULU-NATAL. – Die departement van onderwys in die provinsie waarsku teen TikTok-uitdagings nadat twee meisies van Pinetown Girls High beseer is.

Muzi Mahlambi van die departement sê in ‘n verklaring leerders wat aan hierdie tipe gevaarlike uitdagings deelneem, is ‘n bekommernis.

Leerders word versoek om nie aan uitdagings deel te neem wat hulle lewe deur roekelose optrede in gevaar stel nie. Die nakoming van skoolreëls oor die gebruik van selfone in skooltyd word benadruk. Ouers word versoek om kinders te leer om die skoolreëls in hierdie verband te gehoorsaam, aangesien dit die leerders op skoolwerk gefokus sal hou en die risiko van kuberboeliery sal verminder.

Die departement het die beseerde meisies ‘n spoedige beterskap toegewens.

Lees die departement se volledige verklaring hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief