WES-KAAP. – Anabela Rungo, die ma van Chidimma Adetshina, wat eers ‘n deelnemer aan Mej. SA was en weens omstredenheid onttrek en daarna as Mej. Nigerië gekroon is, is Saterdagoggend in Kaapstad in hegtenis geneem.
Siya Qoza, woordvoerder vir die departement van binnelandse sake, sê in ‘n verklaring die inhegtenisneming kom nadat die departement Rugo se SA-dokumentasie in Septemer 2024 teruggetrek het, aangesien dit glo bedrieglik bekom was.
Adetshina se minderjarige kind, wat by Rungo woon, was ook in die woonplek in Kaapstad.
Qoza bevestig Rungo sal na die nodige prosesse van binnelandse sake aan die polisie oorhandig word en aan ‘n ondersoek van die Valke onderworpe wees.






