Mia le Roux het weens haar gesondheid, waarop sy nou wil fokus, van die Mej. Heelal-kompetisie in Mexico onttrek.
Die Mej. SA-organisasie het ‘n verklaring uitgereik wat sê die organisasie steun haar ten volle op die pad na herstel.
Mia, die gehoorstremde skoonheid met die titel van die mooiste in die land, het Suid-Afrikaners vir hulle ondersteuning bedank en gesê die besluit was besonder moeilik om te maak, gegee die hoop en drome wat vir haar gekoester is. Sy is dankbaar vir die geleentheid, maar wil vir eers gesond word om haar land as Mej. SA te dien.






