Mej. SA vir bekendstelling van gebaretaal by skool vir dowes

Lees ook :

Foto: Miss. SA

GAUTENG. – Mia le Roux, Mej. SA, sal vandag by Transoranje Skool vir Dowes in Pretoria wees, waar ‘n minifees vir gebaretaal en musiekverbetering plaasvind.

Steve Mabona, woordvoerder vir die departement van onderwys, sport, kuns, kultuur en ontspanning, sê Le Roux, wat gehoorgestremd is, sal die minifees saam met Matome Chiloane, die LUR vir die departement, bywoon.

“Die fees is deel van ‘n reeks minifeeste wat deur die Gautengse onderwysdepartement aangebied word om die uiteenlopende reeks gesertifiseerde vaardighede wat leerders deur die multi-sertifiseringsvaardigheidsprogram aanleer, ten toon te stel. Een van die uitstaande prestasies van hierdie program is die bekendstelling van Basiese Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) aan horende leerders vanaf gr. 5.”

Mabona sê die program sal ‘n deurslaggewende rol speel in die bevordering van inklusiwiteit en om te verseker dat gebaretaal ‘n integrale deel word van die bou van ‘n meer inklusiewe en verbonde samelewing.

Mej. SA sal die fees as ‘n eregas bywoon om leerders van dowe, sowel as horende skole te ondersteun. Die leerders sal die geleentheid aanbied en lei.

“Ons is geëerd om haar saam met ons te hê om die onderrig van gebaretaal in skole te vier en ‘n meer wedersydse begrip tussen horende en dowe gemeenskappe te bevorder.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief