Mense wat ‘tap to pay’ gebruik word gewaarsku

Lees ook :

Waarskuwing uitgereik vir mense wat ‘tap to pay’ gebruik
Waarskuwing uitgereik vir mense wat ‘tap to pay’ gebruik fotokrediet: Canva

Lees ook: Reserwebank eis Markus Jooste se bates

‘n Waarskuwing aan Suid-Afrikaners wat die tap to pay-funksie op hulle kaarte gebruik, is uitgereik.

Misdadigers teiken toenemend mense wat die tap to pay-funksie gebruik.

Die produkhoof van die kubersekuriteitsmaatskappy, Armata, het gesê misdadigers kan jou geld met ‘n kredietkaartmasjien in hulle sak en goeie tydsberekening steel.

Richard Frost, die Armata-produkhoof, het verduidelik: ” Jy kan besig wees om te betaal vir petrol en iemand staan naby jou en praat op die foon. Jy betaal dan met die tap and go-funksie en daardie persoon met ‘n kredietkaartmasjien in hulle sak tap jou kaart. Die geld gaan dan twee keer af op jou rekening en wanneer jy besef wat gebeur het, is die misdadiger reeds weg.”

Frost het ook gesê ‘n groot rede vir kommer is dat gebruikers nie limiete op hulle kaarte het nie, dus kan mense baie geld op een slag verloor.

Hy beveel aan die beste manier om jou geld te beskerm, is om die funksie af te sit en jou kaart te gebruik met die pinkode of om jou foon te gebruik met ‘n virtuele kaart. Armata het gesê dit is beter om kaarte te gebruik vir duur aankope, maar die virtuele kaart vir algemene aankope. Mense word ook aangeraai om nie betalings te maak in plekke waar te veel mense staan nie.

Bronne: BusinessTech, My Broadband, Head Topics

Lees ook: Reserwebank eis Markus Jooste se bates

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief