Menslike oorskot in bosse ontdek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Verbrande menslike oorskot is Dinsdag in bosse naby Bosbokrand ontdek, waarna ‘n geregtelike doodsondersoekdossier geregistreer is.

Sers. Merilyne Mmonwa, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die oorskot is vermoedelik dié van ‘n manspersoon. Die identiteit van die oorledene is onbekend en die polisie vra die publiek om met die identifisering te help. ‘n Paar bruin seilskoene is langs die geraamte aangetref. Enigiemand wat ‘n geliefde vermis of kennis dra van wie die oorledene kon wees, word gevra om speur.AO Matome Shokane by 076 927 6858 te bel.

Die presiese omstandighede rondom die dood word nog ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief