Met 153 ‘onwettige myners’ gered, is operasie suksesvol afgehandel

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Slegs 10 Suid-Afrikaners is onder die 153 vermeende onwettige myners wat in Sabie uit die verlate South Mine gered is. Agt Lesotho-burgers word op aanklagte van ontvoering, onwettige mynery en oortreding van die wet op immigrasie aangehou en sal in die hof verskyn.

Kol. Donald Mdhluli sê die res van die myners wat na bo gehelp is, is 95 van Lesotho, 32 van Mosambiek en 16 van Zimbabwe, van wie nie een ‘n geldige dokument het om in die land te wees nie. Die Suid-Afrikaners onder hulle is vrygelaat. Dié sonder wettige dokumentasie om in die land te wees, sal vandag in die Sabie-landdroshof voorkom.

Die operasie om die vasgekeerde beweerde onwettige myners van ondergronds te bring, het reeds Dinsdag begin en is Vrydagaand suksesvol afgehandel.

Drie liggame van oorledenes is Woensdag tydens die operasie uit die myn gehaal. Geen verdere beserings is met die afhandeling van die operasie opgedoen nie. ‘n Mynmaatskappy, veiligheidsmaatskappye, die SAPD, binnelandse sake, die gesondheidsdepartement en die weermag was onder meer betrokke.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief