Mia le Roux van Oudtshoorn is Mej. SA 2024

Lees ook :

Foto: Mej. SA

Mia le Roux (28) is vanaand in die SunBet-arena in Pretoria as Mej. Suid-Afrika 2024 gekroon.

Die donkerkop skoonheid het Oudshoorniete se borskaste van trots laat swel. Sy het bewys geen struikelblok kan ‘n vrou met deugde terughou nie. Le Roux is gehoorgestrem, maar was menige se gunsteling om die kroon te dra.

As gehoorgestremde wat vanaand hierdie gesogte titel dra, het die skoonheid boonop geskiedenis gemaak.

Le Roux stap met ‘n Mowana-kroon en onder andere ‘n vol gemeubileerde woonstel, ‘n luukse voertuig en ‘n kontantprys van R1 m. weg.

Foto: Mia le Roux Facebook-blad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief