SUID-AFRIKA. – Die immergewilde sanger, Michael Bublé, is op pad na Suid-Afrika. Die besoek vorm deel van sy Higher Tour 2024 .
Bublé sal op 16 en 17 April by die Grand-arena, Grandwest, in Kaapstad te sien wees. Op 19 en 20 April sal hy in die Sunbet-arena, Time Square in Pretoria optree.
Discovery Bank se kliënte sal vir 48 uur toegang tot voorverkopekaartjies kry. Die voorverkope sal op Dinsdag om 9:00 op Ticketmaster open. Die voorverkopekaartjies sal slegs met ’n Discovery-bankkaart of Discovery-kaart gekoop kan word.
Kaartjieverkope vir die res van die publiek sal op Donderdag om 9:00 ook op die Ticketmaster-webtuiste open.
Geen kinders onder die ouderdom van drie sal by die vertonings toegelaat word nie. Alle minderjarige konsertgangers moet oorbeskerming hê en deur ’n verantwoordelike volwassene vergesel word.
Bronne: Ticketmaster, Big Concerts, Discovery