LIMPOPO. – ‘n Meisie (13) is glo Saterdag omstreeks 19:00 nakend op die bed van ‘n verdagte man gevind.
Kol. Malesela Ledwaba sê die meisie was by haar tannie en is na ‘n verjaardagpartytjie by ‘n perseel langs ‘n kerk genooi. Die meisie het na bewering die partytjie saam met die onbekende verdagte verlaat. Haar tannie het haar probeer bel, maar haar selfoon was glo afgeskakel. ‘n Soektog is geloods. By ‘n blyplek het die verdagte die deur oopgemaak en beweer hy het die meisie nooit gesien nie. Toegang is forseer en die meisie is glo nakend op die bed aangetref. Die slagoffer het vir haar tannie gesê sy is glo verkrag. Die verdagte het gevlug en die voorval is aan die polisie gerapporteer. Die tannie het die meisie se ma ingelig.
‘n Soektog na die onbekende verdagte is geloods.
Enigiemand met inligting word versoek om sers. Shirley Lekubu by 071 355 0571 te bel.





