Minderjarige ontsnap aan die dood toe stiefpa haar glo probeer verwurg

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ’n Meisie (8) het op 9 Augustus aan die dood ontkom toe haar stiepa (31) van Moemaneng, naby Marquard, haar glo met haar hemp probeer verwurg het. Die halfkaal meisie kon ontsnap en hulp kry. Die stiefpa is van poging tot moord aangekla en sal op 21 Agustus in die Marquard-landdroshof voorkom.

AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die kind het in die straat in Tshimong gespeel toe haar stiefpa haar teëgekom het. Hy het glo vir haar gevra om saam met hom te gaan en het haar na ’n nabygeleë sloot geneem, waar hy haar hemp uitgetrek het en probeer het om haar daarmee te verwurg. Sy kon ontsnap en het na haar ouma se huis gehardloop, waar sy vertel het wat gebeur het. Sy is hospitaal toe geneem vir ‘n ondersoek, wat bevestig het dat sy nie seksueel aangerand is nie. Die man is in hegtenis geneem en het Donderdag in die hof voorgekom, waar die saak vir ‘n formele borgtogaansoek uitgestel is.

Die polisie het kommer uitgespreek oor die toename in gevalle van kinderverwaarlosing, veral waar ouers buitensporig baie tyd by drinkplekke deurbring. Kinderverwaarlosing is ’n misdryf en tronkstraf kan oortreders in die gesig staar.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief