Minderjarige reeksverkragter (15) tronk toe gestuur

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Tienerseun (15) is in die Tlhabane-landdroshof tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis vir ‘n reeks verkragtings wat hy oor drie jaar gepleeg het.

Kol. Adéle Myburgh sê tydens die eerste insident op 5 September 2022 is ‘n 12-jarige meisie, ‘n klasmaat van die veroordeelde tienerseun, in ‘n afgeleë, beboste gebied verkrag. Sy het huis toe gestap, toe hy haar waterbottel gegryp en na die beboste gebied gehardloop het. Die slagoffer het agternagehardloop, waar sy oorval is.

Op 16 Junie 2023 het die veroordeelde aangebied om ‘n 11-jarige meisie se fiets reg te maak. Hy het daarmee na bosse gery en sy is agter hom aan. Hy het probeer om haar te verkrag, maar is deur ‘n verbyganger gestop. Die veroordeelde het van die toneel gevlug.

Later dieselfde jaar het ‘n 11-jarige op sy fiets gery toe die veroordeelde sy fiets afgeneem en daarmee na ‘n beboste gebied gery het. Die seun is agter hom aan, waar hy oorval en verkrag is.

Op 1 Februarie 2024 het ‘n 5-jarige meisie in die bure se erf gespeel. Die veroordeelde het haar agter ‘n sinkhuis ingeroep en haar verkrag.

Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale kommissaris, het die vonnis verwelkom en die ondersoekbeampte vir die suksesvolle afhandeling van die saak geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief