Minderjariges slaan glo vermeende dwelmgebruiker dood

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ’n Man wat na bewering ’n dwelmgebruiker was, is na bewering Sondagmiddag in Mabasaweg in Newton C, Inanda deur ’n groep minderjariges doodgeslaan.

Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het ’n inwoner hul Phoenix- operasionele sentrum geskakel en hulp versoek nadat ’n groep seuns gesien is hoe hulle ‘n man op ’n ontspanningsterrein slaan. Die seuns het gevlug toe die man bewusteloos voorgekom het. Reaksiebeamptes het hulle na die toneel gehaas en bevestig dat die man aan sy beserings beswyk het. ’n Houtplank, vermoedelik die moordwapen, is langs sy liggaam gevind.

Die motief vir die aanval is nog nie vasgestel nie.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief